Wat is Homez Gomez?

"Versigtig soos slange, opreg soos duiwe."

Hierdie is nie net musiek vir die musiekliefhebber nie, dit is ook deel van 'n gesprek wat oral in ons land aan die gang is. Dit is vrae toegedraai in melodie en 'n dors wat nie wil bedaar nie. Om Homez Gomez ten volle te geniet, vra meer as jou ore; dit vra 'n dapper hart wat nie bang is om te stoei met die moeiliker vrae van die lewe nie. Dit vereis'n mens wat nie wegskram van die onoplosbaarheid van ons menslike gebrokenheid nie, of iemand wat kan leef in die spanning tussen sien en glo.

Wat begin het as 'n soeke vir 'n nuwe identiteit, het saamgekom in musiek wat iets van hierdie reis saamvat en'n identiteit los van strukture en tradisies.

Die musiek is veelsydig en sal jou vat van harde screamo rock na funk en hip hop. Dit is geskep om die gedagtes as gedigte te dra en te komplimenteer.

Geniet dit!

Homez Gomez